“Ek besit ‘n konstruksie-onderneming. In ons bedryf is vaardigheidsontwikkeling baie belangrik en waar moontlik belê ek in die opleiding van my werknemers. Ek verstaan dat as ek my werknemers toelaat om leerlingskappe deur my onderneming te doen, daar sekere belastingvoordele is wat ek kan gebruik om die kostes van die leerlingskappe te help dek. Is dit korrek?”
Om te belê in leerlingskappe kan ‘n duur oefening wees, selfs al is dit ‘n waardige belegging. Gelukkig vanuit ‘n SEB- en belastingoogpunt, bied die regering aansporings aan besighede soos joune om te belê in sulke formele leerprogramme.
Wanneer gerapporteer word onder die element van Vaardigheidsontwikkeling van ‘n SEB-telkaart kan enige besigheid waardevolle punte kry vir die belegging in leerlingskappe vir sy werknemers, wat dit alreeds die moeite werd maak om te ondersoek. Daarby kan ‘n werkgewer ook moontlik baat by elke werknemer wat vir ‘n formele leerlingskap onder artikel 12H van die Wet op Inkomstebelasting, 58 van 1962, geregistreer is.
In wese bepaal artikel 12H tans dat ‘n werkgewer ‘n leerlingskap-toelaag kan eis vir elke werknemer wat vir ‘n geakkrediteerde leerlingskap ingeskryf word. Vir elke leerder sodanig ingeskryf, kan R30,000 afgetrek word van die besigheid se belasbare inkomste per jaar waarvoor die werknemer ingeskryf is, en vir elke gestremde leerder wat ingeskryf is, kan R50,000 afgetrek word. Daar is ‘n verdere aansporing vir werkgewers in die vorm van ‘n voltooiingstoelaag wat die werkgewer kan eis vir elke leerder wat ‘n leerlingskap suksesvol afhandel. Die voltooiingstoelaag is dieselfde as die leerlingskap-toelaag, en word toegeken met suksesvolle voltooiing van die leerlingskap.
Die nuutste voorgestelde Konsep Wysigingswetsontwerp op Belastingwette stel die volgende wysiging voor aan die huidige artikel 12H:
‘n Belastingaansporing vir Indiensneming aangebied in samewerking met die regering, is verder daarop gemik om werkgewers aan te spoor om jong, meestal ongeskoolde werknemers in diens te neem. Die voordeel lê daarin dat jong mense meer aanstelbaar raak, terwyl die werkgewer baat by die deel van kostes met die regering. Die Belastingaansporing vir Indiensneming is slegs beskikbaar aan werkgewers met betrekking tot werknemers wat:
Voor bogenoemde Konsep Wysigingswetsontwerp op Belastingwette vir kommentaar gepubliseer is, kon werkgewers in terme van die Wet op Belastingaansporing vir Indiensneming, 2013 slegs tot 1 Januarie 2017 eis vir Belastingaansporing vir Indiensneming. Die Konsep Wysigingswetsontwerp op Belastingwette poog om hierdie datum te verleng tot 28 Februarie 2019.
Deur middel van bogenoemde aansporings, sal jy in jou werknemers kan belê, en tegelyktertyd verseker dat jou besigheid ‘n SEB- en finansiële aansporing daarvoor ontvang. Dit is egter belangrik dat jy die raad van ‘n kundige kry om te verseker dat jou SEB-beplanning reg uitgevoer word. ‘n Geakkrediteerde vaardigheidsakademie wat geakkrediteerde leerlingskap-programme aanbied word ook voorgestel om te verseker dat jy die beste baat by die aansporings.