Korrespondente Werk

Beste Kollega,

Hiermee bring ons graag die volgende onder u aandag :

Ons bedryf ‘n Prokureurs praktyk in Pretoria.

Ons hanteer ‘n groot verskeidenheid litigasie aangeleenthede in beide die Landdroshof en die Noord-Gauteng Hoë Hof te Pretoria, Pretoria Akteskantoor aangeleenthede en heelwat korrespondent werk vir prokureurs praktyke reg oor die land.

Du Plessis en Kruyshaar Ing word gekenmerk deur ons vriendelike en stiptelike hantering van sake en in die spoedige afhandeling daarvan.

Kontak ons gerus, indien u die arms van u praktyk wil verleng tot in Pretoria.

U kan verseker wees van flinke, vriendelike en bekwame diens van al die lede in ons span.