Motorvoertuig botsing eise en Derde party eise

Derde Party Eise hou verband met eise ingestel deur individue wat beseer is in motorvoertuigongelukke, of deur die afhanklikes van individue wat oorlede is in motorvoertuigongelukke, wat die gevolg was van ‘n derde party se nalatige bestuur. Ons sal u bystaan in alle aangeleenthede voor en gedurende litigasie met betrekking tot u derde party eis. Laat ons u verteenwoordig met die verhaling van al u huidige en toekomstige skade, insluitend die eis van kompensasie vir enige en/of alle emosionele skok of trauma deur u en u geliefdes ervaar.